gesels vanaand met my.

Gesels met my.
ek crave die konneksie met jou mensheid
die wete van jou diepste geheime
draai op jou rug en breek jou ribbekas
hart ontbloot.

maak jou skatkis oop
skilder my donkerte met jou kaleidoskoop
weef vir my ‘n lappieskombers met jou nimmereindigende sprokies
spin my toe in jou kinnerlike ideale en onskuldige kleure
maak my jou kameraad.

Gesels met my.
ek wil weet wat jou gelukkig maak.
hartseer maak.
maak.

ek wil weet van jou.

jy is meer as net die ‘goed en self’
meer werd as die normale
oppervlakkige gespreke
geprogrammeerde antwoorde
robot op repeat
meer.

Gesels met my.
verkwis my siel se dors met jou waarheid
vou jou bekommernisse toe in my oorskulpe
fluister vlugtig voor jou visie verdwyn
van die dinge wat jou vlerke laat span
& vlieg. . .

maak jou belangstellings myne
maak jou myne.
myne.

Gesels met my.
wildste optimisme,
verste wense,
hoogste drome.

ek wil weet van jou.

los die vleitaal
laat ons sweef op woorde
vlerke van waarhede
vasgevang in die sinneloosheid
van jou vleklose toekomsverwagtings

ek wil weet van jou.

kom gesels vanaand met my.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s